2007/12/04

November 16

1855
Aanleg van Pretoria
Pretoria, genoem na kmdt.-gnl. Andries Pretorius, het sy aanleg as hoofstad van die ZAR te danke aan die feit dat Potchefstroom en Lydenburg nie sentraal genoeg geleë was vir die vergaderings van die Volksraad nie. Die kommandantegeneraal M.W. Pretorius en Piet Potgieter het die Volksraad, wat in September 1853 in Lydenburg sitting gehad het, versoek om ‘n sentraal geleë hoofstad vir die Republiek te stig. M.W. Pretorius het in ‘n bygaande brief die Volksraad ook versoek om vir die doel van die voorgestelde dorp twee plase aan die Apiesrivier, Elandspoort en Daspoort, van Andries van der Walt en J.J.P. Prinsloo aan te koop. Omdat die Volksraad sy versoek geweier het, het Pretorius vervolgens self hierdie twee plase gekoop. In 1854 het ds. D. van der Hoff toe ‘n gemeente op die plaas Elandspoort gestig. Die Volksraad het die stap in Junie 1854 goedgekeur. Op 16 November 1855 besluit die Volksraad om ‘n dorp, onder die naam Pretoria, op die twee vermelde plase aan te lê. prof. dr. A.P. Van Rensburg aka vak.http://wv.essortment.com/capitalsouthaf_rzrd.htm Pretoria se hoofstraat, Kerkstraat is die langste stedelike straat in Suid-Afrika.Ook genoem die Jakaranda stad as gevolg van die lanings en lanings Jakarande bome.Die Cullinan Diamand is op 26 Januarie 1905 naby Pretoria ontdek.http://en.wikipedia.org/wiki/Pretoriajak.jpg (20.54 KB, 196x197 - viewed 31 times.)

No comments: