2007/12/04

November 15

1783
Augusta de Mist gebore
Die dagboek van Augusta de Mist word as ‘n waardevolle kultuurhistoriese dokument beskou. Veral wat die uitbeelding van die pionierslewe aan die Kaap aan die begin van die 19de eeu betref. Sy het ‘n reis na die afgesonderde binneland meegemaak wat ongeveer vir 147 dae geduur het, die grootste gedeelte is te perd afgelê. Haar ondervindinge en belewenisse word ‘n gesellige vertelling in haar dagboek. Augusta is op 5 Maart 1832 oorlede.1855M.W. Pretorius word “provisionele” staatspresident van die ZARDr O.J.O.Ferreira vertel in aka fak dat die Transvaalse leiers geglo het dat ‘n nuwe grondwet die verdeeldheid wat gedurende die vroeë vyftigerjare van die vorige eeu in die Oorvaalse gebied geheers het, sou beëindig, en daarom is ‘n grondwetkommissie, onder voorsitterskap van Jacobus Stuart (1803 – 1878), benoem. Hierdie kommissie, wat in Oktober 1855 op Potchefstroom vergader het, het hoofsaaklik die Bataafse konstitusie van 1798, die Vrystaatse grondwet en die grondwet van die Verenigde State van Amerika as modelle geneem en ‘n konsepgrondwet opgestel waarin die beginsel van skeiding van wetgewende en uitvoerende magte ingevoer is. As opsteller van hierdie grondwet, wat later byna onveranderd aanvaar is, het Stuart ‘n blywende diens aan die Zuid-Afrikaansche Republiek gelewer. Op 9 November 1855 het die Volksraad vergader om die mening van die krygsoffisiere omtrent die konsepgrondwet te verneem. Oor die algemeen was daar nie veel besware teen die wet as sodanig nie, maar daar was wel verskil van mening oor die manier waarop dit goedgekeur en toegepas sou word,. Kmdt.-genl. Stephanus Schoeman het naamlik gemeen dat die konsepgrondwet volgens vroeëre gebruik vir drie maande aan die publiek voorgehou moet word voordat dit aangeneemen van krag sou word. Omdat die Volksraad nie Schoeman en sy Soutpansbergers van die res van die Republiek wou vervreem nie, is ‘n kompromis getref en is M.W. Pretorius op 15 November 1855 tot “provisionele” staatspresident verkies. As gevolg van later teenkanting teen die konsepgrondwet, is M.W. Pretorius eers op 6 Januarie 1857 as volwaardige eerste Staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek beëindig. aka fak –dr O.J.O. Ferreira.1911Unie-Staalkorporasie gestigDie Unie-Staalkorporasie wan SA is gestig met die doel om staal uit skroot te vervaardig. Binne twee jaar is die eerste staal in SA vervaardig en baan USCO sodoende die weg vir ‘n gevestigde staalbedryf wat in die jare wat sou kom, vir SA groot aansien in die oë van die wêreld verwerf.http://www.saisi.co.za/history.php

No comments: