2007/12/04

Oktober 15

1853
F.W. Jannasch gebore
Friedrich Wilhelm Jannasch, gebore op Mamre, naby Malmesbury, en opgevoed in Europa, het van 1883 tot en met sy dood op 19 April 1930 op Stellenbosch as kerkmusikus, komponis en musiekopvoedkundige (medestigter van die Stellenbosse Konservatorium in 1905) ‘n reusebydrae gelewer tot die Suid-Afrikaanse musieklewe en die fondament gelê vir die herstel van waardige standaarde in die kerkmusiek van die NG Kerk. Een van sy komposisies, Te Deum, vir koor en orrelwerke, wat as van ‘n besonderse kwaliteit beskou word, is deur die FAK uitgegee. Jannasch is op 19 April 1930 op Stellebosch oorlede.1867F.W. Beyers geboreFrederick, William Beyers – regsgeleerde en politikus – is in die Paarl gebore. Na ‘n aanvanklike regsloopbaan as prokureur in die ZAR en advokaat en later Prokureur-generaal sowel in Kaapland as in Transvaal, word hy in 1917 Volksraadlid van Edenburg. Hy was lid van die Vryheidsdeputasie na Europa en word in 1924 lid van genl. J.B.M. Hertzog se eerste Kabinet. Hy was verantwoordelik vir die aanvaarding van die Yster- en Staalnywerheidswet van 1928, wat Yskor tot stand laat kom het. In 1932 word hy appelregter, wat die gebuik van afrikaans in appelhofuitsprake invoer. Hy is op 1 Mei 1938 op Muizenberg oorlede.
1910
De Natal Onderwijzers Unie gestig
Die Natalse Onderwysersunie (NOU) het op 23 Maart 1940 uit die onderwyskomitee van die Saamwerk-Unie tot stand gekom, nadat verskeie vorige pogings om ‘n lede-organisasie vir Afrikaanse onderwysers in Natal in stand te hou, min vrugte afgewerp het. Die eerste poging was die stigting van De Natal Onderwijzers Unie op 15 Oktober 1910 wat op 14 Desember 1912 herstig is as De Natal Onderwijzers Vereniging. In 1920 en 1926 is verdere pogings aangewend, maar ook met min welslae. NOU aanvaar dat die Woord van God die grondslag van alle opvoeding is, dat die opvoeding van ‘n volk Christelik en nasionaal moet wees, en dat die opvoeding van die huisgesin die hoeksteen van alle gesonde volksopvoeding is.
1917
G.A. Watermeyer gebore
Godfried Andreas Watermeyer is op Spitskop, Middelburg, KP, gebore – ‘n kontrei waarna daar altyd ‘n hunkerende verlange uit sy gedigte spreek. Na sy studiejare aan Stellenbosch en Bloemfontein verskyn daar in 1948 sy verrassende debuutbundel Sekel en Simbaal. Met hierdie verse het hy onmiddellik die aandag getrek, veral met gedigte soos Oestyd, Reën in die voorwinter en Ballade van die bloeddorsige jagter, waarin hy sy verlange na die natuurlewe verbeeld in verruking van kleur en klank. In 1957 verskyn Republiek van duisend jaar, propaganda op ‘n verhewe wyse vir republiekwording en ‘n bundel waaruit seker die meeste aangehaal is in toesprake en op volksbyeenkomste. Sy Taalfeeskwatryne van 1962 was in opdrag van die FAK geskryf vir die Wonder van Afrikaans-viering by die Voortrekkermonument. Sy laaste is Bitterbrood (1965), Watermeyer, het later tot die reklamewese toegetree, waar hy gevorder het tot direkteur van een van die grootste reklamemaatskappye in die land. In hierdie bedryf het hy baanbrekerswerk gedoen met sappige Afrikaanse advertensie-kopie. Hy is op 4 Junie 1972 in Johannesburg oorlede.
1960
Republikeinse dankfees
Suid-Afrika het op 5 Oktober 1960 met ‘n meerderheid van 74 580 stemme ten gunste van ‘n republiek gestem, en twee dae later is die FAK gevra om ‘n Republikeinse dankfees te reël. Die FAK het ingestem en binne ‘n week is ‘n skare van 70 000 in die Amfiteater van die Voortrekkermonument byeengebring. Die fees het uit twee dele bestaan. Presies om drie-uur die middag het die Eerste Minister, dr. H.F. Verwoerd, lede van sy kabinet, die vier administrateurs en die Uitvoerende Komitee van die FAK in die Sarkofaagsaal van die monument hulde gebring aan die leiers van die Afrikanervolk op die pad na Republiekwording. Van daar af het hulle na die Amfiteater gegaan vir die tweede deel van die feesprogram. Skriflesing deur sen. G.R. Wessels was uit Romeine 8 – ‘n Oorwinningslied – waarna ds. G.J.J. Boshoff ‘n treffende dankrede gevoer het na aanleiding van Ps. 127 vers 7. Prof H.B. Thom het daarna die verwelkoming gedoen en die dag “’n lentedag in ons geskiedenis” genoem. ‘n Dawerende applous het losgebars toe dr. Verwoerd aan die woord kom en die volk vra om hom “toe te wy aan Suid-Afrika in geloofsvertroue waaruit alleen die allerdiepste krag kan spruit”. In ‘n Indrukwekkende optog met koorsang en spreekkore, musiek en voordragte het Boerekrygers, die jeug en vroue, voor die jubelende skare verbybeweeg. Met trompetgeskal en reusebanier is hulde gebring aan genl. J.B.M. Hertzog, dr. D.F. Malan en adv. J.G. Strijdom, die Naionale leiers wat dr. Verwoerd voorafgegaan het. By die afsluiting het dr. S. du Toit, seun van die Bybelvertaler, Totius, ‘n spesiaal gebinde Bybel as simbool van die volk se geloof aan dr. Verwoerd oorhandig. Die optog was aangekondig deur mnr. Douglas Fuchs.Nadat die skare reeds weg was, het lede van die FAK se Uitvoerende Komitee en personeel van die magdom blommeruikers wat die vroue gebring het, by die grafte van Prs. S.J.P. Kruger en adv. J.G. Strijdom gaan lê.
?
Kyk net hoe vereer Bravoland vir:
G.A. Watermeyer

Bravoland-

- ons eie gebied, waar ons selfregerend is, ons eie wette maak, en met trots ons eie vlag kan hys!
Die ontstaan van Bravoland was eenvoudig

dit was ‘n ‘spontane ontploffing’, niks minder, niks meer nie.
Geen ure, dae of jare van beplanning nie,
geen onderlinge beraadslaging, besluit, of plan nie.
Net ‘n gebeurtenis in tyd

die gevolg van breinaktiwiteit

op die ingewing van die oomblik.
Bravoland is ‘n Kubertsaat wat ontstaan het vanweë die versugting van die Boere/Afrikanervolk
na vryheid.

Geen grense, geen verdrukking, geen aanspraak. Om by Bravoland aan te sluit, registreer by Bravoland Forum Die Strewe na Vryheid!
Jong Suid-Afrika (FAK)
Die Republiek van ‘n 1000 jaar –
G.A. Watermeyer
In republiek wat ons verklaaranker
Sy Droom van Duisend Jaar;
hier word Sy Raadsaal uitgebou
waar ons die Suide suiwer hou…
in Lig wat tot bewussyn kom
erf ons die rigterstaf van Hom,
word voorwaens in die Groter Trek
wat weer die Wysheid herontdek,
die binnelande van die gees
oopstel vir God-bewuste wees-
Uit waters wat weer onrus word
sal skoner see en aarde stort…Lig
woord sal tot ons midde kom
wat trou en teken is van Hom;
Rig woord wat wit en waarheid
rein die dou van Sy Gedagte skyn:
Woord wat Sy Droom tot wording baar
in Vrederyk van Duisend Jaar.

No comments: