2007/12/04

November 14

1873
Dobbelary deur Transvaalse Volksraad verbied
Op hierdie dag in 1873 het President Thomas Burgers van die Transvaalse Volksraad, ‘n proklamasie uitgevaardig met die goedkeuring van die Zuid Afrikaanse Republiek wat dobbelary in die land, spesifiek op die goudvelde gerig, verbied.Na aanleiding van hierdie proklamasie op 14 November 1873 lees ons in die “Kerkpad” van die nuuskommentaar oor Radio Pretoria op 18 November 2000:
'N LEEF- EN DENKWêRELD WAT AL MEER MATERIALISTIES WORD- NUUSKOMMENTAAR RADIO PRETORIA, VRYDAG 18 NOVEMBER 2000 -“Daardie proklamasie het 'n bepaalde tradisie van die Boerevolk verwoord en bevestig. Die weersin teen dobbelary, kansspele, loterye en dergelike het voortgekom uit die Afrikaner se Christelik-nasionale lewens- en wêreldbeskouing, omdat die volk 'n hoër waarde geheg het aan gehoorsaamheid aan die Woord van God as aan die begeertes van die mens. En omdat die Woord dobbelary afwys, was so 'n verbod op dobbelary en ander kansspele normaal en vir almal aanvaarbaar”……………
http://www.kerkpad.co.za/argief/jan2001/aktueel.html1895C.C. (oupa) Kriel gebore “Oupa” Kriel is op Swellendam gebore. As die hoofbestuurder van Wolgroeiers-Afslaers Beperk, het hy ‘n belangrike aandeel gehad in die uitbouing van die Suid-Afrikaanse wolhandel, veral met Duitsland na die Eerste Wêreld oorlog, terwyl hy ook as direkteur van nasionale maatskappye soos Volkskas, Asokor, Rembrand en Aqricura Laboratoria’ ‘n bydrae gelewer tot die uitbouing van die Afrikaner-ekonomie. - sloet h.a fak
1929
Gert Potgieter gebore
Gerhardus Petrus Potgieter of te wel Gert Potgieter was ‘n uitmuntende sanger met ‘n besonderse tenoorstem. As seun het Gert reeds sukses behaal en mettertyd een van die suksevolste en beminde sangers van opera, oratorium en veral ligte Afrikaanse musiek geword. Gert Potgieter was ook lid van Groep 2 en sterf op 2 Julie 1977 in ‘n motorongeluk.1942Vyf, teenmekaar opgerigte, grafstene met die name van 10 Suid-Afrikaanse soldate wat waarskynlik in in enkele voorval gesterf het. Volgens die bron is so ‘n plasing van grafstene gebruik slegs wanneer soldate saam in een enkele voorval gesterf het en dit onmoontlik was om die liggame uit te ken.Die besonderhede :M/15646 Private J Davids14918 Private JJ de VilliersC167463 Lance Corporal PC Gallant40668 Gunner R Gerardy17826 Private DR Honey8777 Corporal J Rennie18455 Private JAC Smith19244 Private JW Spence19505 Private DMJ Sullivan19621 Lance Corporal AC Williams1942Het iemand enige inligting aangaande die omstandighede rakende die dood van hierdie soldate? Dr. Phillip Scheepers(28 Augustus 2007)http://samilitaryhistory.org/research.htmlLees ook om te sien ………..mense en inligting gesoek uit die geskiedenis van WWI en WWII1989 Swapo (Indien iemand voel dat hierdie stukkie onvanpas is kan dit verwyder word)Wen die vyfdaagse verkiesing in Namibia. Hierdie verkiesing was as vry en regverdig deur Martti Ahtisaari verklaar.(Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau.) http://www.news24.com/News24/On_this_day/On_this_day/0,,2-1602-1492_1832918,00.html

No comments: