2007/12/04

November 13

1866
Kol. F.H.P. Creswell gebore
Frederick Hugh Page Creswell is op Gibraltar gebore . Sy Vader was die posmeester van Gibraltar. Frederick is opgelei as myningenieur en werksaam in Amerika totdat hy deur die goudontdekking na Suid-Afrika gelok is. Creswell was ook pionier van die politieke samewerking tussen Afrikaner-nasionalisme en Engelsprekende Suid-Afrika.Alreeds in sy vroee jare in die Mynbestuur aan die Rand was hy afsydig teenoor die Uitlander-agitasie teen Paul Kruger se Republiek. Frederick het aan die Engelse kant geveg toe dit tot oorlog ontvlam het, maar by sy terugkeer na sy mynamp na die vrede, het hy hewig gebots met die uitbuitende anti-Suid-Afrikaanse beleid en gedrag van die uitlander-mynbaronne.Hy het verbete geveg vir die reservering van werk in die goudmyne vir agterblywende Britse oudgediendes en die verarmde burgers van die verslane Republiek.Hy veg nog harder teen die daaropvolgende besluit om Chinese vir die goudmynbedryf in te voer. So word hy uitgewerp uit die mynbedryf en word hy leier van die SA Arbeidersparty en word as sodanig in 1910 verkies tot die eerste Unie-Parlement. Van 1910 tot 1922 lei hy ook die stormagtige arbeiderstryd teen die mynbase.Toe die regering van genl. Smuts in 1924 val as nasleep van die Randse stakingsramp van 1922, sluit hy ‘n verkiesingsooreenkoms met die leier van die Nasionale Party, genl J.B.M. Hertzog. Hy neem na die oorwinging Hertzog se aanbod van deelgenootskap in die eerste Nasionale Regering, die Paktbewind van 1924, aan.As baanbrekende Minister van Arbeid, lê kol. Cresweel die patroon vir Suid-Afrika se arbeids- en nywerheidswetgewing.In die regering verset hy hom so sterk teen die linkse Sosialisme van ‘n deel van die Arbeidersparty en vereenselwig hy hom so volkome met die Suid-Afrikaanse idealisme en strewe van sy Nasionale kollegas dat genl. Hertzog hom na 1928 vra om aan te bly in die Nasionale Kabinet. Eers in 1934, toe daar vir hom en sy kwynende Arbeidersparty geen plek in die Hertzog-Smuts-regering was nie, tree hy uit. Hy sterf op Kuilsrivier op 25 Augustus 1948, te midde van die hulde van die hele volk van Suid-Afrika waarvan hy, as uitlander, ‘n hartstogtelike troue burger geword het, aldus Sen A.M. van Schoor, aka fak.

No comments: