2007/12/04

November 12

1780
Piet Retief gebore
Piet Retief is in die Wamakersvallei, te Wellington, gebore. Hy het sy skoolonderrig daar ontvang asook homself goed in die skryfkuns bemeester. Afgesien van vele grondtransaksies en verskeie ander onderneminge wat Piet Retief finansieel ten gronde gebring het, het sy persoonlikheid hom vroeg reeds as ‘n gerespekteerde leier na vor laat tree. In 1812 is hy as kommandant aangestel, en van 1822 beklee hy die regeringspos van veldkommandant aan die Oos-Kaap. Aan die Oosgrens het Retief die probleme met die regering se grensbeleid ervaar en het hy as voorspraak vir die grensboere opgetree. Telkens kom hy in botsing met die owerheid, sodat hy in 1824 onthef word van sy kommandantspos, maar weer in 1834 as kommandant aangestel is. Hy was die onbetwiste leier vir die grensboere. Op 17 April 1837 is Piet Retief tot goewerneur en Maritz tot magistraat verkies. Een van Retief se leierstake was die bepaling van die Trekkers se eindbestemming. Sy keuse was Natal, en Maritz en P. Uys het hom gesteun. Retief het ook onderhandelinge aangegaan met Dingaan. Die tweede besoek aan Dingaan om die ooreenkoms van die vestigingsgebied wettig te maak, was egter vir die Voortrekkerleier en ongeveer honderd van sy mense ‘n tragiese lewenseinde. Na die ondertekening het Dingaan se krygers die Retief “geselskap” by die kraal op 6 Februarie 1838 wreed vermoor. Retief se bydrae tot die Afrikaner se vryheidstryd bly tot vandag toe nog onuitwisbaar. aka fak.sien ookhttp://af.wikipedia.org/wiki/Piet_Retiefhttp://www.encounter.co.za/article/61.html
1839
Slag by Kapain
In ‘n strafekspedisie teen Silkaats en die se Matebelestam op 17 Januarie 1837, onder leiding van Hendrik Potgieter en Gerrit Maritz, is die Matebeles ‘n vernietigende nederlaag toegedien by Mosega. Potgieter wou dit opvolg met ‘n tweede ekspedisie teen Silkaats. Die ekspediesie het egter eers in November 1839 ‘n werklikheid geword, toe Potgieter en Piet Uys met ongeveer 360 man die Matebeles aangedurf het. Hierdie Slag by Kapain het op 4 November 1839 begin en eers nege dae later, op Sondag 12 November 1839 by Kapain geëindig, waar Silkaats se mag finaal gebreek is. Met hierdie nederlaag van Silkaats het Potgieter sy oogmerk verwesenlik, naamlik om Transvaal vir die blanke inwoners te beveilig, sien ook.http://www.sahistory.org.za/pages/chronology/thisday/2006-11-12-18_extra-dates.htm1903Prof. G.S. Nienaber gebore

No comments: