2007/12/04

Oktober 12

1899
Eerste skoot van die Engelse Oorlog gevuur
Die heel eerste skoot van die Engelse Oorlog is op hierdie dag om ongeveer 22h45 uit die Mauser van veldkornet Coetzee by Kraaipanstasie gevuur, adag ‘n spoorstaaf tussen Mafeking en die stasie verwyder was. ‘n Lokomotief van die Engelse magte het vroeër die aand daar ontspoor, terwyl die Mosquito met twee kanonne wat hy op Vryburg gaan haal het, die lokomotief gevolg het. Die gepantserde trein, die Mosquito, het tot teenaan die ontspoorde lokomotief gery waarop Lt Elliot opdrag gegee het dat sy soldate die spoor moet herstel. Velkornet Coetzee het die Engelse genoeg kans gebied om met hulle rooi lanterntjies onder die ontspoorde lokomotief in te klim en toe die eerste skoot van die oorlog geskiet. Hierna sou die oorlog twee jaar en sewe maande duur – ‘n oorlog wat duisende lewens en honderde miljoene rande gekos het. Met die uitbreek van die oorlog was daar 22 905 weerbare Vrystaatse burgers en 32 353 weerbare Transvaalse burgers. Altesaam dus ongeveer 55 000, hoewel daar in geen stadium meer as 40 000 Boerekrygers te velde was nie. Daarteenoor het die Britse Ryk van 448 000 soldate gebruik gemaak om die klein Republieke op die knieë te dwing. Ongeveer 4 000 Boeresoldate het gesneuwel, maar die grootste lewensverlies aan Boerekant was die 26 370 vroue en kinders en 1 676 mans bo sestien, die meeste grysaards wat in die Konsentrasiekampe met hulle lewe betaal het vir hulle vryheidsi-ideaal. Daar is altesame 116 572 mense in die Konsentrasiekampe aangehou; 32 561 krygsgevangenes is in Suid-Afrka of in die buiteland aangehou, en 20 782 Bittereinders het aan die einde van die oorlog wapens neergelê. Die oorlog het Brittanje duur gekos, uit die skatkis ongeveer R380 miljoen en aan lewensverlies ongeveer 22 000 offisiere en manskappe. Tog was die prys wat die Boererepublieke in die verdediging van hulle vryheidsideaal moes betaal, feitlik totaal onverhaalbaar.1908Unifikasiekongres in DurbanOp hierdie dag, presies nege jaar nadat die eerste skoot tussen Boer en Brit in die Engelse Oorlog geval het, het afgevaardigdes van die vier Britse kolonies in Suid-Afrika en van Rhodesië in Durban vergader om politieke eenwording te bespreek. Dit was die eerste sitting van die Nasionale Konvensie, wat onder voorsitterskap van sir Henry de Villiers tot 5 November byeen was in wat die Durbanse Poskantoor is. Latere sittings sou in Kaapstad en Bloemfontein volg. Die beraadslaginge het gespruit uit ‘n begeerte tot ‘n eenvormige spoorweg- en doeanebeleid en uit die noodsaak om eenvormig teenoor die swartes op te tree. Die Boer en Brit se politieke oogmerke het egter verskil. Terwyl die Engelse politieke eenheid as ‘n versterking van Brits-imperiale belange gesien het, het die Afrikaners dit as geleentheid gesien om hul nuut ontdekte politieke krag te toets. Hierin was die kiem geleë van ‘n stryd tussen die Afrikaner-nasionalisme en Britse Imperialisme wat hom eers ‘n halfeeu later sou uitwoed.
1977
Johan Fourie oorlede
Hierdie toneelspeler en geselskapsleier het die eerste lewenslig op 1 Julie 1913 te Philipstown aanskou, waar hy ook sy skoolopleiding ontvang het, voordat hy sy toneelloopbaan by Andre Huguenet se toneelgroep begin het. Van 1932 het hy met sy eie Afrikaanse toneelgeselskap die land kruis en dwars met toneelopvoerings deurreis. Hy het in 1973 uitgetree en sy geselskap ontbind, om daarmee ‘n einde te maak aan ‘n onafhanklike Afrikaanse toeneelgeselskap wat 40 jaar lank opvoerings aangebied het.Kom voeg datums en ‘n vertelling by indien jy nog inligting het. 2002BVI
Quote
Die Boere-Afrikaner Vryheidsinisiatief (BVI) is formeel in die lewe geroep tydens ‘n Krugerdagherdenking wat op Saterdag 12 Oktober 2002 op die plaas Matjiesfontein naby Calvinia gehou is. Die BVI het sy ontstaan te danke aan die honderdjarige herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog van die Boere-republieke teen Brittanje en het direk voortgevloei uit die aktiwiteite van die Swartland Boere-oorlog Herdenkingskomitee. Vir die stigters van die BVI is dit duidelik dat die offers wat in ons volk se geskiedenis vir die vryheidsideaal gebring is, tesame met die huidige voortbestaanskrisis van die Afrikanervolk, die herwinning van ons vryheid ‘n dwingende noodsaaklikheid maak en dat die stryd daarvoor sonder enige verdere versuim hervat moet word. In die vormgewing van die beweging is ryklik geput uit die geskiedenis van ons volk se vryheidstryd en daar is rekening gehou met die ware aard en wese van die Afrikanervolk.
http://www.vryheidenreg.com/bekend.htm

No comments: