2007/12/04

November 10

1483
Martin Luther gebore
Martin Luther is in Esleben gebore in op 18 Februarie 1546 oorlede. Daar was ook na Martin Luther verwys as: “Die monnik wat die wêreld geskud het” Met die hulp van kundige vriende het Martin die Bybel in die Duitse Volkstaal vertaal. Die vertaling het ‘n groot invloed op die loop van die Hervorming sowel as op die taalontwikkeling in Duitsland gehad. Hierdie vertaling van Martin het as eerste volledige uitgawe in 1534 verskyn.Meer oor Martin Luther:
1887
Dr. S.H. Pellissier gebore
Sameul Henri Pellissier, gebore op Bethulie, was onderwyser en kultuurleier by uitnemendheid. In 1917 word hy die hoof van die hoërskool op Ficksburg en Direkteur van Onderwys indie Vrystaat op 1 Desember 1926.Dr Pellissier sal veral onthou word as die vader van volkspele in Suid-Afrika. Hedendaagse Volkspele:
1917
Eerste viering van Afrikanerdag of te wel Helpmekaardag
Na die 1914 Rebellie is groot bedrae aan eise, boetes en hofkostes teen die rebelle opgebou, veral in die Vrystaat. Genl. C.R de Wet was onder die wat verhoor en swaar boetes en tronkstraf opgelê was. Hoewel die Vrystaters groot bedrae geld ingesamel het om vir hierdie doel te gebruik was daar teen Julie 1917 in die Vrystaat sowel as in die Transvaal nog R220 000 nodig. (aka fak) ‘n Geldinsamelingsveldtog is landwyd gevoer in wat die grootse Helpmekaar-inspanning om die Afrikaners van verarming te red. In Kaapland is die Helpmekaarvereniging ook ingespan en deur middel van Die Burger is daar op 30 Augustus gepleit dat van die dag gemaak moet word “Onze Grote Afrikanerdag”. Die reaksie was oorweldigend en na die R220 000 afgetrek was, was daar nog ‘n oorskot van R120 000 wat later in die Helpmekaar-Studiefonds geplaas was om jong mense verder te laat studeer.
1919
Afrikaans die eerste keer in die Kerk gebruik
Op voorstel van dr B.B. Keet is besluit dat Afrikaans naas Hollands op die kansel gebruik kan word. Ook is besluit om met medewerking van ander NG Kerke en die Gereformeerde Kerk en die Nederduitsch Hervormde Kerk, aandag te gee aan die vertaling van die Bybel in Afrikaans. Die besluit was reeds deur die Vrystaatse Sinode van die NG Kerk op Mei 1916 op voorstel van N.J. van der Merwe geneem. Die groot deurbraak vir Afrikaans in die kerk het gekom met die verskyning van die Bybel in Afrikaans in 1933.

No comments: