2007/12/04

November 1

1805
J. Groenedaal gebore
Jacobus Groenendaal is in Heerwaarde, Nederland, gebore. In 1849 kom hy op gevorderde Leeftyd na Suid-Afrika en vestig hom as onderwyser in die distrik Fauresmith. Hy lewer goeie diens en help in 1854 om die Vrystaatse Grondwet op te stel. Hy word ook die eerste staatsekretaris, neem selfs as president waar en tree as tesourier-generaal op. In 1856 verplig swak gesondheid hom om al sy betrek-kings neer te lê. In 1858 word hy weer Volksraadlid en probeer die Vrystaat eerder met Kaapland as met Transvaal laat federeer. Hy het die jong Vrystaatse Republiek na binne en buite sterk help grondves, buitelands opgeleide amptenare gewerf, om eie staatsimbole gepleit, die invloed van Nederlands en Nederlandse handel en Nederlandse immigrante bo ander elemente gesteun, want dan kon die Vrystaat vinniger ‘n eie Afrikaanse karakter ontwikkel. Groenendaal was een van die talle immigrante wat die Afrikanerdom om sigselfs ontwil wou sien ontplooi, en wat persoonlik daartoe meegewerk het. Hy is op 27 November 1860 op Fauresmith oorlede.
1855
Genl. A.I.J.B. de Villiers gebore (Meester spioen in die Tweede Vryheidsoorlog)
1895
Stigting van die Teologiese Seminarium Stellenbosch
Toe aan die bekende dr. A.J. van der Merwe by die Drie Eeuefees gevra is wat hy as die gelangrikste gebeurtenis van die vaderlandse geskiedenis beskou, het hy sonder meer geantwoord: “Die oprigting van die Teologiese Seminarium op Stellenbosch.” Die Kweekskool, soos dit in die algemeen bekend staan, is die gevolg van ‘n histories bewuswording en het ‘n betekenisvolle gevolg. Plaaslike teologiese opleiding sou goedkoper wees en meer studente lewer om die baie vakante gemeentes van ‘n snel groeiende kerk te vul.1889Mev M.M. Jansen gebore Martha Mabel Jansen, gebore Pellissier, is op Bethulie, Kaapland, gebore en is getroud met dr. E.G. Jansen, Goewerneur-generaal van Suid-Afrika van 1951 tot met sy dood op 25 November 1959. Sy het baanbrekerswerk in die bevordering van Afrikaans verrig. Hoofsaaklik deur haar onvermoede ywer as bestuurslid van die Saamwerk-Unie van Natal, is daar begin met Afrikaanse taaleksamens, wat wyer uitgekring het totdat dit van 1917 dekades lank as die Taalbondeksamens afgelê is. Op kultuurgebied is sy tot die eerste vroulike lid van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns gekies, was sy lid van die Argiefkommissie en die Vlagkommissie, en stigterslid en eerste onderleier van die Voortrekkerbeweging. In 1929 met die stigting van die FAK, is sy as die eerste vroulike lid van die FAK se Uitvoerende Komitee gekies, en sy was lid tot 1935. Die FAK se Erepenning vir Volksdiens is op 11 Junie 1974 aan haar toegeken. Sy is op 8 Januarie 1979 in Pretoria oorlede.
1965
Selfstandigwording van die Bybelvereniging van Suid-AfrikaVan 1820 to 1965, - 145 jaar, is Bybelwerk in Suid-Afrika deur die “British and Foreign Bible Society” georganiseer.
Toe ds. H.P.M. Steyn, later bekend as “Bybel Steyn”, in 1922 as voltydse sekretaris diens aanvaar, is ‘n nuwe era begin. In 1924 reeds is op groter plaaslike seggenskap aangedring. Met die vertaling van die Bybel in Afrikaans is ‘n “nuwe hoofstuk in die geskiedenis van die Genootskap in Suidelike-Afrika” ingelei. In 1935 is daarop gewys dat ‘n Suid-Afrikaanse sekretariaat die werk doeltreffender kan doen. Die hoofbestuur in Londen het hierdie oordeel nie gedeel nie. Die bestuur in Kaapstad het op reorganisasie bly aandring, totdat Steyn in 1948 as hoofsekretaris vir Suid-Afrika en die aangrensende gebied aangestel is. In 1957 neem ds. J.T.M. de J. van Arkel by hom oor en is daar voortgegaan om Bybelwerk ‘n nasionale onderneming te maak. Die naamsverandering dui dit aan; want vananf 1961 lui dit: “Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika - Hulpvereniging van die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap.” Vanaf 1 November 1965 tree dit uit eie reg op en sonder buitelandse binding.

No comments: