2007/11/26

Oktober 2

1910
Hymne Weiss


word gebore in Rouxville. Haar vader het daar in sy eerste beroep gestaan. Hymne het haar naskoolse studie aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi, waara sy op Standerton en Graaf-Reinet onderwys gegee het en by verskeie geleenthede waargeneem het as dosente in Afrikaans-Nederlands aan die Stellenbosse Universiteit.

As Skryfster het sy verskeie romans, kortverhaalbundels en essays die lig laat sien. Terwyl sy ook vertalings uit Duits, Sweeds, Noorweegs, Deens en Nederlands gedoen het.

Die Suid-Afrikaanse Akademie het haar in 1957 bekroon vir vertaalde werk.

1952
Die eerste uitgawe van Die Volksblad as dagblad verskyn


Die Volksblad is die oudste onder ons huidige Afrikaase koerante. Sy geskiedenis strek terug tot 18 November 1904 toe ‘n weekblad Het Westen op Potchefstroom verskyn het. Die eienaaar en stigter was ‘n banneling van St. Helena, Hendrik de Graaff. Hy het daarna gestreef om ‘n verarmde en ontredderde volk tot ‘ politieke aktiwiteite en nasionale bewussyn’ aan te spoor.

In 1909 word dit ‘n halfweeklikse koerant. Met die Rebellie en die stigting van die Nasionale Party was die koerant al so gewortel in die volkshart dat dit op 26 Maart 1915 Het Volksblad word. Op aandrang van genl. De Wet en genl. Hertzog word dit van Maart 1916 in Bloemfontein uitgegee. In 1917 koop die Nasionale Pers die koerant. As amptelike spreekbuis ondersteun die Volksblad die Nasionale Party in sy stryd teenn die ou SA Paarty, voer ‘’ kwaai verkiesingstryd en beleef ‘n bloeityd onder mnr A.J. Werth (1922-1925) as redakteur. Generaal Hertzog neem in 1924 die bewind oor, en die ideaal van 1920 om Die Volksblad ‘n dagblad te maak, word in 1925 verwesenlik, met dr. A.J.R. van Rhijn as redakteur.

Die Volksblad verskyn soggens tot 29 Julie 1933 toe dit ‘n middagkoerant geword het.

No comments: