2007/11/26

Oktober 3

1939
Aanvang van Ekonomiese Volkskongres


Een van die eerste en dringedste vraagstukke waaree die FAK sedert sy stigting gekonfronteer is, was die betreurenswaardige ekonomiese toestand waarin die Afrikanervolk sedert die vroegste depressietyd verkeer het. Die ekonomiese opheffing van die Afrikaner was nie slegs van wesenlike politieke belang nie,, maar he took direk met armblankevraagstukke verband gehou. In opdrag van die Nasionale Kultuurraad van die FAK tydens sy tweede vergadering in Julie 1983, het die FAK ‘n Ekonomiese Volkskongres, wat later as die Eerste Ekonomiese Volkskongres bekend sou staan, van 3 tot 5 Oktober 1939 in Blomfontein gereel.

Hier is die grondplan van die Afrikaner se toekomstige ekonomiese bouwerk geteken. Dit is deur 757 afgevaardigdes uit alle dele van die land bygewoon. Dr. J.D. Kestell is die beskermheerskap van die kongres aangebied.

In sy openingsboodskap het hy dit beklemtoon: “Ons behoort aan mekaar – ons, die kleine Boerevolk hier in Suid-Afrika, en dit dryf on suit om toe te snel tot hulp van ons broers en susters wat in nood is, om hulle te help om hueself te help. Ons doen dit in die vaste oortuiging dat ons as volk onsself moet red.” In die daaropvolgende drie dae is altesaam negentien referate gelewer, elkeen was gerig op die ekonomiese opheffing van die Afrikaner. Meer as vyftig rigtinggewende besluite is geneem, waaruit voortgespruit het daadwerklike stappe ter opheffing van die Afrikaner op ekonomiese gebied, byvoorbeeld die uitbou van die Reddingsdaaefonds, die mobilisasie va die kapitaal- en spaarkrag van die Afrikaner, die stigting van in Afrikaanse Handelsblad (Volkshandel) en ‘n Afrikaner finansieringsmaatskappy, Sentrale Volksbelegging Beperk (Federale Volksbeleggings) Besluit XII (1) van die kongres het die FAK opgedra om ‘n Ekonomiese Institutt daar te stel om gevolg te gee aan sy besluite en om sodanige verdure stappe te doen as wat hy bevorderlik ag vir die ekonomiese oheffing van die Afrikaner. Een van die eerste en bekendste besluite van die Instituut was die stigting van die Reddingsdaadbond. Uit die Ekonomiese Instituut he took die stigting van die Afrikaanse Handelsinstituut voortgespruit, wat saam met die Ekonomiese Instituut van die FAK ‘n treffend-betekenisvolle aandeel in die opkoms van die Afrikaner in die ekonomie van Suid-Afrika gehad het, danksy die inisiatief en leiding wat uitgegaan het van die Eerste Ekonomiese Kongres in 1939.

No comments: