2008/10/24

Kruisvlag 1874

1874
24 Oktober

Vierkleur deur die Kruisvlag vervang

Omdat staatspresident T.F. Burgers graag die sogenaamde Voortrekker vlag in ere wou herstel, het die volksraad van die ZAR op hierdie dag die bestaande landsvlag, die Vierkleur, deur ‘n nuwe vlag, die sogenaamde Kruisvlag, vervang.

Die Kruisvlag was naas die bekende Driekleur van die Natalse Voortrekkers, die vlag van die Voortrekkers onder leiding van A.H. Potgieter. Dit het bestaan uit ‘n oorhoekse rooi kruis op ‘n blou agtergrond. Pres. Burgers het, om heraldiese redes, ‘n wit streep ingevoeg ten einde die rooi kruis van die blou agtergrond te skei.

Op 10 Mei 1875 het die ZAR egter weer besluit om van die nuwe Kruisvlag af te sien en die Vierkleur weer in te stel. Die Kruisvlag sou egter as presidentsvlag beskou word, maar hiermee was pres. Burgers nie tevrede nie, en daar is volkome van die Kruisvlag afgesien.

Die rooi kruis op hierdie vlag het as die St. Andrieskruis bekend gestaan. Vandaar, so word beweer, die naam Andries straat in Pretoria.

Oorspronklik is dit baie beslis as St Andries straat deur landdros A.F. du Toit aangedui, maar met die jare het dit in die volksmond as slegs die Andries straat behoue gebly.

8 comments:

Nikita said...

hi Roosmaryn, bly om te sien jy's terug/gesond! Is dit moontlik om jou settins vir die blog so te stel dat ek my url van my WP-blog kan intik, ek dink as jy dit so stel dat mense annoniem 'n boodskap kan los, dan kry jy ook die opsie vir die url

RoosMaryn said...

Hallo Nikita, kyk bietjie of dit nou werk?

Anonymous said...

ok! Dankie..ja! hy's daar! Baie dankie!!

Anonymous said...

Vergeet om jou hier te vra of jy gesond is?

RoosMaryn said...

Beter dankie! Drie tree vorentoe twee agter toe, maar elke dag 'n stappie beter. Het baie om voor dankbaar te wees. :) Is bly dat ek darem weer by julle blogs kan besoeke afle.

Anonymous said...

Dis goed om te weet jy's beter! Sterkte!!

Anonymous said...

Ek hoop jy's nog ok!

Anonymous said...

hallo! Hier's ek! Dankie!!