2008/09/06

MAN VAN DIE VOLK


HENDRIK FRENSCH VERWOERD
Gebore: 8 September 1901
Oorlede: 6 September 1966


Komende tye sal baie oor hom gepraat en geskryf word.
Daar sal ook bitsigheid wees, en bitterheid.
Maar daar is dinge wat bly.

Daar is die toekomsblik wat iemand eenmaal gewerp het.

In die Transkei werk twee swart beeldhouers.
Hulle kyk oor die heuwels van hul land uit;
Hulle dink aan die puin van die ander Afrika.
Dan is hulle klaar.

Nog net die inskripsie bly oor.
Die een beeldhouer wend hom tot sy maat.
“Sê my,” vra hy.
“Sê my, hoe spel ‘n mens die naam: Verwoerd?”

Op die dag van sy begrafnis is daar ‘n naamlose briefskrywer se hulde
in ‘n Engelse koerant:

“Vir Henk Verwoerd geen beeld van Brons in openbare plein of park nie.

“Kap sy gelaat hoog in die Drakensberge uit ‘n krans,
groots en sterk,
sodat mense dit myle,
myle ver kan sien.

“Want sy gelyke kry ons nimmer meer.”

Sy mense noem hom:

Vader van die Republiek.
Bouer aan ‘n tweetalige nasie.
Skepper van aparte vryhede vir sy veelrassige land.
Beskermer teen aanslae van buite;
Dader wat sy land sterk gemaak het.

Hulle noem hom:
Leier en profeet;
Man wat vir sy volk geleef het.


Hulle noem hom:
MAN VAN DIE VOLK

No comments: