2008/09/03

3 September 1919 : Vryheidsdeputasie keer terug


Op hierdie dag het die Vryheidsdeputasie onder leiding van genl. J.B.M. Hertzog uit Europa in Durban geland, bitter teleurgestel oor die afloop van hulle onderneming. Hertzog, bygestaan deur N.C. Havenga, D.F. Malan, F.W. Spies, E.G. Jansen en Gey van Pittius (sekretaris) het, aangemoedig deur pres. Wilson (VSA) se beklemtoning van die selfbeskikkingsreg van klein nasies as beginsel grondslag vir die vredesonderhandelinge na Wêreldoorlog I, ook na die vredeskonferensie in Parys (Frankryk), 1919, gegaan om namens Suid-Afrika se nasionaalgesindes te pleit vir die herstel van die voormalige Boererepublieke se onafhanklikheid. Die deputasie het slegs die eerste minister, Lloyd George (Brittanje) te spreke gekry, wat aan hulle meegedeel het dat Suid-Afrika reeds ten volle oor sy eie sake beslis, en dat genl.. Louis Botha, Eerste Minister, wat ook saam met genl. Jan Smuts op die konferensie was, alleen namens die volk van Suid-Afrika kan praat. Hoewel hy niks bereik het nie, het hierdie ervaring Hertzog gesterk en aangemoedig om hom vir die formele erkenning van Suid-Afrika se onafhanklikheid te beywer. Aka fak JSdP

2 comments:

Nikita said...

hi Roosmaryn...daar's so klein geskenkie vir jou op my blog..lees die inskrywing..."green green grass of home".. en ek bedoel elke woord...uit die aard van jou blog verwag ek nie (dit gaan nou nie hier inpas nie..maar jy kan die award-image dalk hier iewers opsit!) dat jy ander blogs moet benoem nie...dit word ook nie verwag om te doen nie. Hierdie inskrywing van jou het my laat terugdink na my Geskiednis-klas op skool...of dalk het ek net al voorheen hieroor gelees...

RoosMaryn said...

Hallo! Ek het gou gaan lees, en baie dankie. Ek lees wel julle almal se blogs gereeld en geniet dit geweldig baie, gelukkig hoef ek nie 'n keuse te maak tussen julle nie!!! Dankie vir die "award image" ek gaan dit beslis hier opsit.