2008/09/16

16 September 1839 : Vlug van Mpande


Mpande, halfbroer van Dingaan, het ‘n beslissende rol ter onderwerping van die Zoeloemag in 1840 gespeel. Dit was weens vrees vir Dingaan dat hy ongeveer hierdie datum met 17 000 man en 25 stuks vee suidwaarts uit Zoeloeland oor die Tugela gevlug het.

In onderhandelinge met die Volksraad in Pietermaritzburg hierna, oortuig hy die op 15 Oktober 1839 van sy begeerte om in ‘n gesamentlike aanslag Dingaan te probeer verslaan.

‘n Ooreenkoms word gesluit waarvolgens hy in die Republiek Natalia mog woon totdat dit vir hom veilig sou wees om na Zoeloeland terug te keer. As bondgenoot en vriend van die Trekkers kon hy op hul beskerming reken.

‘n Regstreekse gevolg van die ooreenkoms was dat Mpande se veggeneraal, Nongalaza, op 30 Januarie 1840 Dingaan se krygsmag by die Maqonqokoppe suid van die Mkuzerivier verslaan het.

Daarna, op 10 Februarie 1840, het Andries Pretorius hom tot koning van die Zoeloes verklaar.

Die optrede dui op die Boere se bereidwilligheid om met swart leiers saam ate werk wat begerig was om orde te skep en ‘n vreedsame naasbestaan te help verseker. Dit het immers vir al die betrokke eenhede oor en weer voordeel ingehou. Aka fak AJvW

No comments: