2008/09/11

11 September 1965 : Genootskap van Rhodesiese Afrikaners (GRA) gestig


Die Afrikaanse Kultuur unie van Rhodesië (AKUR) het tientalle jare lank die Afrikaner se kultuurorganisasies en kerke in Rhodesië saamgesnoer. Met die laaste AKUR-kongres in 1963 is besluit om jaarliks ‘n volkskongres te hou en al meer klem is gelê op ‘n koördinerende liggaam waarby kultuurorganisasies kan affilieer, maar wat veral ook lede moes werf om die Rhodesiese Afrikaners op ‘n wyer vlak saam te snoer. Die gedagte het werklikheid geword toe die Genootskap van Rhodesiese Afrikaners (GRA) by die tweede volkskongres op 10 en 11 September 1965 met ‘n eenparige besluit tot stand gekom het. Die vernaamste doelstellinge van die GRA is die handhawing en die bevordering van die Afrikaanse taal, en die beskerming en uitbouing van ‘n eie Afrikaanse kultuur, gegrond op die Calvinistiese godsdiens en tradisies van die Afrikaner. Daar bestaan noue skakeling tussen die GRA en die FAK. FAK

No comments: