2008/08/09

9 Augustus 1918 : Taalfees op Riversdal


Met groot geesdrif het Afrikaners op Riversdal saamgetrek om Taalfees te vier in ‘n stadium toe Afrikaans nog nie amptelik erken was nie, maar op alle terreine van die samelewing veld gewen het. Prof. N.J. Brümmer praat oor die gebruik van Afrikaans in die staatsdiens, prof. J.J. Smith oor Afrikaans in die skool, C.J. Langenhoven oor Afrikaans in die huis, dr. D.F. Malan oor Afrikaans in die kerk en Jan F.E. Celliers oor Afrikaans in die letterkunde. Ds. D. Wilcocks bepleit die oprigting van ‘n Afrikaanse taalmonument. Langenhoven juig die pleidooi toe, maar stel voor dat die monument die vorm van ‘n gedenkfonds moet aanneem wat aan ‘n Suid-Afrikaanse universiteit gegee moet word met die opdrag om Jan Celliers in staat te stel om sy talente in diens van die ontwikkeling van die taal en die jeug te gebruik. FAK

No comments: