2008/08/29

29 Augustus 1848 : Geveg by Boomplaats


Die republikeinsgesinde Trekkers tussen die Oranje- en Vaalrivier was gekant teen die anneksasie van die gebied deur sir Harry Smith vroeg in 1848. Op versoek van die Winburgers het Andries Pretorius met ‘n mag wat later tot 1 000 aangegroei het, in die Oranjerivier-Soewereiniteit aangekom en die Britse Resident versoek om die land te verlaat. Toe hy verneem dat ‘n Britse mag onder Smith die Oranjerivier nader, het hy teruggeval in die rigting van Bloemfontein, en by Boomplaats (distrik Trompsburg) het die botsing plaasgevind tussen Pretorius se ongeveer 300 man (baie het hom intussen in die steek gelaat) en Smith se
1 200 man. Pretorius se voorneme was om Smith in ‘n hinderlaag te lei, maar Smith was gewaarsku en het die Boere se posisie in die rantjies met die grootste versigtigheid genader. Die Britse kanonne is in aksie gestel en hoewel die Boere hardnekkig weerstand gebied het, moes hulle retireer. Die opstandelinge is ‘n boete van R20 000 opgelê om die koste van die ekspedisie te delg. Hierdie roemlose nederlaag het die Vrystaters wel tot onderdanigheid verplig, maar hulle republikeinse hartstogte versterk. Aka fak JCM

No comments: