2008/07/21

Ternagedagtenis van kommandant Louw Wepener

F.W. Reitz
Ternagedagtenis van kommandant Louw Wepener
(Gesneuwel op Thaba Bosigo, 15 Augustus 1866)



Sal vreemde digters ons verhaal
Van hulle grote helde,
En sal ek in my eie taal
Louw Wepener nie vermelde?



Nee, Broeder-Afrikaners, nee!
Ons dapp’re bly ons eie;
God het ons Wepener gegee;
Waarom sou ek dan swye?



Laat hul dan Tromp en Nelson roem,
En sulke grote name;
As ek maar Wepener mag noem,
Dan sal ek my nie skame.



Hy is bo almal verreweg,
Wat in die heldery staat;
Hul ‘t ook die lewe neergeleg,
Maar tog nie vir die Vrystaat.



Hy lê op Thaba Bosigo,
Geen grafsteen sal hy verge,
Sy monument het God gebou,
Die Bouheer van die berge.


* * *


Al moet ons dan so dikwels bloos
Vir ons arme nasie,
Gedenk aan Wepener, wees getroos,
En vat dan weer koerasie.

No comments: