2008/07/09

9 Julie 1915 : Oorgawe van kol. Von Franke in Duits-Suidwes-Afrika

Nadat Groot-Brittanje in 1914 oorlog teen Duitsland verklaar het, is die Unie van Suid-Afrika direk by die Eerste Wereldoorlog betrek. Dit was die Unie-verdedigingsmag se taak om Duits-Suidwes-Afrika aan te val.
Vier invalsmagte sou die inval onderneem: 'n suidelike mag onder kol. J.L. van Deventer om Keetmanshoop te beset, 'n sentrale mag onder brig.-genl. duncan McKenzie, wat van Ludritzbucht na Aus en ooswaarts sou trek; 'n oostelike mag onder kol. C.A.L. Berrange, wat van Kuruman na Keetmanshoop sou opruk, en 'n noordelike mag onder bevel van genl. Louis Botha, wat van Swakopmund na Windhoek sou beweeg.
Windhoek val op 12 Mei 1915 en die Duitse bevelvoerder, lt.-kol Von Franke, het na Tsumeb uitgewyk. Nogtans is hy deur knyptangbewegings van die Unie-magte vasgetrek en tot oorgawe gedwing.
Op 9 Julie 1915 aanvaar die Duitse goewerneur, dr. Seitz, die Unie se kapitulasievoorwaardes op Khorab, naby Otavifontein. Hiermee het die Unie-verdedigingsmag sy eerste militere veldtog gewen, 'n veldtog wat die Unie R34 miljoen uit die sak gejaag het.
Die deelname het in 1914 tot die Rebellie en in 1915 tot ernstige politieke woelinge in die land gelei, want baie Afrikaners het hulle daarteen verset dat daar tot Britse voordeel teen Duitsland opgetree word, veral gesien in die lig dat Duitsland die Afrikaners steeds goedgesind was. Dok D

No comments: