2008/07/08

8 Julie 1908 : Van Rensburgtrek

Op hierdie dag het waarskynlik die grootste georganiseerde trek na Oos-Afrika, bestaande uit ongeveer 70 gesinne met 47 waens en 70 perde onder die leiding van Jan van Rensburg in Mombassa op die Duitse skip Windhuk geland. Die groep is 400 myl per spoor vervoer na die binneland van Nakuru, waar hulle deur Frans Arnolde ontmoet is en op sy plaas Pampoenkraal gekampeer het. Die laaste deel van die reis is per ossewa onderneem. Dit het die trekkers meer as drie weke gekos om die afstand van 160km met die swaar gelaaide waens deur die oerwoud, bamboes en moerasse af te lê. Die trekkers het land op die hoogland van Uasin Gishu gekry, onder kontrak met die regering van Kenia. Spoedig het 'n gevestigde gemeenskap daar ontstaan.

1 comment:

Anonymous said...

Die Boervolk is en bly maar verkenners van nuwe gebiede en op die manier het hulle die "beskawing" aan die barbare gebring wat hulle later jare weer sou vermoor deur die Mau Mau's. Geskiedenis herhaal homself gedurig en niemand wil daaruit leer nie.