2008/07/25

25 Julie 1874 : Eerste Burgerspond oorhandig


Van die bekendste Suid-Afrikaanse munte is die burgersponde van 1874, wat genoem is na pres. T.F. Burgers wat die inisiatief geneem het om goud uit Pelgrimsrus na Londen te stuur om gemunt te word. Die eerste Burgerspond is op 25 Julie 1874 in Londen aan mnr. J.J. Pratt, konsul-generaal van die ZAR oorhandig. In 1898 het pres. S.J.P Kruger aan Samuel Marks verlof gegee om die Munt van die ZAR vir een dag te gebruik in ruil vir ‘n paar leeus uit klip gekap. Marks het toe 215 goue tiekies laat munt. Een van hulle is reeds vir R500 verkoop. Toe die ZAR na Oos-Transvaal moes vlug na die inname van Pretoria deur die Britse magte in 1900 in die ABO en geld skaars geraak het, is die “veldpond” op Pelgrimsrus geslaan. Op die voorkant het die letters en syfers ZAR1902 gestaan en agterop die woorde Een Pond. Ongeveer 1 000 Veldponde is geslaan.
D. Erasmus

1 comment:

Anonymous said...

Hierdie blog is so interessant! Ons het uiteindelik vakansie en ek wil een hele dag hier kom sit... jy moet eintlik 'n boek uitgee met hierdie bloginskrywings!! Ek sien uit na die dag wat ek hier gaan kom piekniek hou...dit gaan sommer vroeg volgende week wees! en as ek links kry wat pas by my Boere-oorlog post, gaan ek dit beslis gebruik...ek glo jy sal nie omgee nie, ek dateer daardie post op met alle moontlike inligting wat ek kry...