2008/06/24

Deur Theo Wassenaar

Die Slag van Bloedrivier
(16 Desember 1838)

Die Ooste gloei. Dit is die dag.
Wat vóór die Ooster-poorte wag
En aarsel om die donker waas,
Waar voor sy oog hang, weg te blaas:

Want o, wat sal sy oog aanskou –
Dan bloed, dan bloed, dan moord en rou?
Maar nee, hy skeur die sluier oop…
Dáár word Suid-Afrika gedoop!

Wat is dit, wat ek ginds gewaar,
Daar langs die donker berge, dáár?
Dit is Dingaan se swarte drom,
Dit is Dingaan! Die Zoeloes kom!
Gryp, Trekker, gryp jou kruit en roer
En staan jou man, jou naam is Boer!
Beskawing moet hier segevier,
Of Afrika is vir die dier!

Hul kom! Hul kom met woede aan,
Soos vuur, in hoë gras geslaan,
Wat, op die wind se vlug gedraag,
Al knett'rend oor die grassaad jaag,
En vir geen pad of vóórbrand stuit;
Die vlamme-arrems gryp vooruit,
Verteer al wat hul beet kan kry,T
ot as alléén nog orig bly.

Hul kom! Hul kom soos aasvoëls aan,
Die wye vlerke oopgeslaan,
En bek en pote rooi gekleur
Van prooi, nog pas uiteengeskeur.
O hoor hoe dreun dit, soos hul kom!
Die woel en wemel rond en om,
Van skildvel, assegai, barbaar!
Van Zoeloes, Zoeloes aan mekaar!

Hul storm! Hul storm! Die swarte drom,
En skreeu en bokspring soos hul kom.
Maar in die Treklaer is dit stil,
Want elke Boer weet wat hy wil:
So oog hou wag; sy hart herhaal
Die vroom gelofte elke maal,
En naas hom staan sy Sanna klaar,
Die kruit en koeëls lê bymekaar.

Hul kom! Hul Kom! . . . maar ry aan ry
Stort neer om daar vir goed te bly.
Die Sannas bulder, die osse brul
En hardloop rond, met angs vervul;
Dit kletter hier, dit knetter daar,
Dit reën asgaaie op die laer.

Hul kom! Hul kom!. . . maar deins weer trug.
Hul kom! . . . maar kom met weifelsug,
Hul kom! . . . maar weifel weer, weifel,
Hul kom! . . . dit was die laaste keer.

Dis moed, wat volhou na begin,V
ertroue is dit, wat oorwin.
Sou vier maal honderd Trekkers dan
Vir twaalf maal duisend Kaffers kan
Verslaan? Aanskou die water maar,
Aanskou die sloot, die vlakte dáár:
Drie duisend lyke daar lê daar rond! . . .
Pretorius alleen is lig gewond.

O hart, wat blydskap het gesmaak,
Wie kan die trotse dag genaak,
Van Afrika's beskawingsdoop,
En koud bloed deur sy hart laat loop?
Ja, Stem van donker Afrika,
Ons, wat jou naam met eer moes dra,
Ons woon hier op 'n wêrelddeel,
Ons moes regeer, en is verdeel!

1 comment:

nikita said...

Dankie vir die gedig! Ek gaan hom plaas by my link na die Boere-oorlog/gedigte/kuns op my blog...