2008/06/19

1978 : Junie 19 Geskiedenis Spoor Vandag: Primêre en pre-primêre onderwys


Goudstadse Onderwyskollegeraad en-senaat gekonstitueer
19 Junie 1978


Die lesings vir heeltydse studente aan die Goudstadse Onderwyskollege het op 17 Februarie 1961 begin, nadat die eerste student, Mej. M.Y. Marais, op 3 Desember 1960 vir toelating goedgekeur en die eerste na-uurse lesings op 6 Februarie 1961 gegee is. Op 1 Desember 1960 is die naam Goudstadse Onderwyskollege aanvaar. Die kollege het tot stand gekom na ‘n lang stryd om die vestiging van tersiêre onderwys vir die Afrikaner in Johannesburg, en nadat die kollege aanvanklik tydelik elders gehuisves was, het lesings op 13 Oktober 1971 in die nuwe lesing gebou begin. Intussen is ‘n ooreenkoms tussen die Transvaalse Provinsiale Administrasie, namens die GOK, en die Randse Afrikaanse Universiteit aangegaan ingevolge waarvan die opleiding van primêre en pre-primêre onderwysers in noue samewerking met die RAU geskied. Die eerste kollegeraad en –senaat is op 19 Junie 1978 gekonstitueer om uitvoering aan die ooreenkoms te gee. Aka fak P.J.v.d.M

No comments: