2008/06/19

1890 : Junie 19 Geskiedenis Spoor Vandag: Uit amp geskors


Kmdt.-genl. S. Schoeman oorlede
19 Junie 1890


Stephanus Schoeman, seker een van die kleurrykste figure uit die vroeë Transvaalse geskiedenis, is op 15 Maart 1810 in die Kango, naby die huidige Oudtshoorn, gebore en in Pretoria, tagtig jaar later, oorlede.

As jong man het hy aan die Groot Trek deelgeneem. Vroeg in 1847 het hy hom op Potchefstroom gevestig waar hy as heemraad gekies is. Van 1851 tot 1855 was hy kommandant van Potchefstroom. Na die dood van kmdt.-genl. Piet Potgieter in 1854 is Schoeman tot kommandant-generaal van Soutpansberg verkies, ‘n amp wat hy van 1855 tot 1858 beklee het. Knap na die aanvaarding van die nuwe grondwet, is M.W. Pretorius as president en S. Schoeman as kommandant-generaal van die ZAR in stryd met die grondwet deur die Volksraad en nie deur die volk nie, verkies. Schoeman het gevolglik geweier om die amp van kommandant-generaal te aanvaar, maar na sy aanvaarding van die grondwet in 1858 word hy die eerste kommandant-generaal van die ZAR – ‘n amp wat hy tot 1860 beklee. Met M.W. Pretorius se aanvaarding van die presidentskap van die OVS in 1860, is J.H. Grobler as waarnemende president van die ZAR aangewys. Dit was die begin van vier jaar van verwarring en broederstryd in Transvaal, aangesien die Schoeman-gesindes nie hiermee tevrede was nie. Nadat Grobler verjaag is, het Schoeman in 1860 waarnemende president van die ZAR geword, totdat hy in 1862 uit sy amp geskors is. Hy het egter geweier om sy skorsing te aanvaar en het hom steeds as die waarnemende president beskou, wat tot gevolg gehad het dat die Volksleër en die Staatsleër te Potchefstroom teenoor mekaar te staan gekom het, waarna Schoeman na die Vrystaat uitgewyk het. Schoeman het andermaal gepoog om die staatsmag in besit te kry, maar is deur ‘n hof aan rebellie skuldig bevind en verban en sy goedere is verbeurd verklaar. Hy vlug oor die Vaalrivier, en herhaalde versoeke om sy uitlewering misluk. Na sy terugkeer na Transvaal ht die geveg in Januarie 1864 by die Krokodilrivier plaasgevind, waarna die broederstryd beëindig en Schoeman se vonnis opgehef is. aka fak W.A.S

No comments: