2008/06/15

1974 : Junie 15 Geskiedenis Spoor Vandag: Afrikaans se merkwaardige eie geskiedenis


Afrikaans ons pêrel van groot waarde bekend gestel
15 Junie 1974


In 1970 het die Hoofbestuur van die FAK besluit om in die jare sewentig ‘n boek uit te gee waarin die groei van Afrikaans beskryf word, en op hierdie dag is Afrikaans on pêrel van groot waarde aan die publiek bekend gestel nadat geskenkeksemplare kort tevore aan die Staatspresident, mnr. B.J. Vorster, oorhandig is. Afrikaans het ‘n merkwaardige eie geskiedenis. Dit het worsteljare deurgegaan op die gebied van die letterkunde, die kerklike lewe, die wetenskap en tegnologie, die sakelewe, die uitsaai-, rolprent en perswese, die regspleging, en in die boek word die wonderlike groei van Afrikaans in woord en beeld weergegee. Honderd genommerde uitgawes in leer omslae en sewe duisend gewone hardeband eksemplare is gedruk, wat binne ‘n jaar uitverkoop was. FAK

No comments: