2008/06/04

1956 : Junie 4 Geskiedenis Spoor Vandag: Die Lied van Jong Suid-Afrika


Dr. Hugo Butsche oorlede
4 Junie 1956


Hugo Cutsche was ‘n seun van ‘n Duitse sendeling en is op 18 Julie 1869 in King William’s Town gebore. Hy is in Duitsland as predikant opgelei en het tien jaar lank in Oos Kaapland gedien voordat hy in 1904 tot die onderwys toegetree het. Hy het mettertyd skoolinspekteur in Transvaal geword en het die laaste dertig jaar van sy lewe in Heidelberg gewoon. Hugo Gutsche het veral bekend geraak as die komponis van Die Lied van jong Suid-Afrika en as die hoofredakteur van die eerste FAK-Volksangbundel. Sy liefde vir die volkslied en volksang is gestimuleer deur sy ontmoeting met dr. A.G. Visser en hulle het saam gepoog om ons eie volksmusiek te verryk veral deur Duitse volksliedere in Afrikaans te vertaal. In Eitemal en Theo Jandrell het Gutsche nog twee belangrike medewerkers gekry. In vier Dageraad-bundels vir skole het 200 liedere verskyn, en 31 liedere vir studente het in Lus en Lewe verskyn. Hierdie bundels was ‘n hoofbron vir die eerste FAK-Volksangbundel van 1937. Daar was ander belangrike bronne waaruit Gutsche geput het toe die FAK hom opdrag gegee het om ‘n volksangbundel saam te stel. Nico Mansvelt se Hollands-Afrikaanse Liederbundel van 1907 en Joan van Niekerk se Groot Afrikaans-Hollandse liederbundel van 1927 het tesame 28 liedere opgelewer. Dr. C.F. Visser se Ou liefde roes nie, Langenhoven se Ou Liedjies en versamelings gemaak deur die ASB en die studente van Stellenbosch is ook gebruik. Die redaksie van die Volksangbundel het uit Hugo Gutsche, Eitemal en Stephen Eyssen bestaan. Eyssen het hom veral beywer om soveel moontlik van ons eie volksliedere in die bundel te kry en sodoende te verseker om dit ‘n Afrikaanse karakter te gee en Afrikaanse erfgoed te bewaar. Maar Gutsche het die leiding geneem, die beleid bepaal en verreweg die grootste bydrae gelewer. Hy het ‘n bundel saamgestel wat een van die heel beste aftrek gekry het van alle Afrikaanse publikasies. Hy het daarvoor gesorg, met die hulp van verskeie woordkunstenaars, dat liedjies soos Taraboemdery, My nooi’ntjielief in die moerbeiboom, Jy is my hartedief, Dis heerlike lente, Die bootjie na Kammaland en vele ander ook ons volksliedere geword het. aka fak A.C.H


http://www.mieliestronk.com/liedvanjongsuidafrika.mid
http://www.ee.sun.ac.za/~lochner/blerkas/musiek/039.mid
http://www.ee.sun.ac.za/~lochner/blerkas/woorde/039.txt

http://stofafdiesolder.blogspot.com/2008/06/junie-4-geskiedenis-vandag-die-lied-van.html

No comments: