2008/06/04

1848 : Junie 4 Geskiedenis Spoor Vandag: Landgenote roep


Andries Pretorius se vrou sterf
4 Junie 1848


Die voortrekker held Andries Pretorius se vrou, Christina was ernstig siek aan ‘n ongeneeslike kwaal, toe hy deur die burgers van die Transgariep (Oranje-Vrystaat) op sy plaas Rust-der-Ouden genader is om hulle te lei in ‘n poging om die Engelse juk af te werp. Vanweë sy vrou se siekte weier Pretorius, hoewel hy die saak simpatiekgesind is. Sy dapper vrou hoor die gesprek en roep haar man die siekekamer binne, waar sy hom kalm meedeel: “My kan jy die lewe tog nie gee nie, Andries; jou landgenote roep jou – gaan kyk wat jy vir hulle kan doen.” In haar man se afwesigheid het haar toestand verswak en het haar kinders haar gebring na ‘n warmer klimaat, digby die huidige Warmbad, waar sy stil gesterf het, sonder dat haar man haar ooit weer lewend gesien het. Danksy die onvermoeide ywer veral van Eugene Marais en Gustav Preller is haar graf in 1938 opgespoor en is daar in die Eeufeesjaar ‘n paslike monument ter nagedagtenis van hierdie dapper vrou opgerig. FAK

No comments: