2008/06/27

1948 : Junie 27 Geskiedenis Spoor Vandag: Berlynse Lugbrug


Suid-Afrika onderteken die Verdrag van Versailles
27 Junie 1948


Slegs drie jaar nadat die Tweede Wêreldoorlog in Europa beëindig is, het die Westerse lande weer eens voor ‘n krisis te staan gekom. Die faktore wat hiertoe aanleiding gegee het, kan teruggevoer word na die vredesvoorwaardes wat op Duitsland afgedwing is. Duitsland is in vier sektore verdeel, en die Sowjet-Unie, Brittanje, die VSA en Frankryk sou elk ‘n deel beheer. Die hoofstad van Duitsland, Berlyn, wat in die Russiese sektor geval het, is ook in vier verdeel. Aanvanklik het die Sowjet-Unie alle hulp aan die Westerse moondhede verleen, maar namate die sektore onder die Weste se beheer ekonomies ontwikkel is, het die Sowjet-Unie Berlyn geblokkeer, om sodoende die Weste uit Duitsland te verdryf. Die slagoffers van die besluit was die Berlynse inwoners. Slegs steun van die Weste kon hulle red. Op 28 Junie 1948 besluit die Westerse moondhede om alle moontlike hulp te verskaf en word die Berlynse lugbrug in werking gestel. Kos en voorrade is deur die lugbrug met vliegtuie, verskaf deur Amerika, Engeland, Panama, Alaska, Suid-Afrika, Japan, Hawai, Guam, Australië en Nieu-Seeland, na Berlyn vervoer. In September 1948 het ‘n afdeling van 31 man, onder bevel van maj. D.M. van der Kaay, uit Suid-Afrika vir deelname aan die lugbrug na Engeland vertrek. Na intensiewe opleiding is hulle op 16 Oktober onderwerp an die streng program van die Berlynse lugbrug. Vliegtuie het met tussenpose van drie minute in Berlyn geland. Gure weer het die taak geensins vergemaklik nie. Met die Sluiting van die lugbrug op 11 Mei 1949, is die Suid-Afrikaners se aandeel aan die unieke lugvaartgeskiedenis in gloedvolle taal deur die Lug bevelvoerder van die Berlynse Lugbrug erken. Ons land se deelname het sterk verband gehou met ons Diets-Europese erfenis, ons anti-Kommunistiese en vryheidsgevoel, en was ‘n poging van die jong Afrikaner bewind van dr. Malan om in die buiteland goeie gesindheid teenoor ons te skep.
Dok D, SAW

1 comment:

Anonymous said...

BAIE interessant!