2008/06/27

1919 : Junie 27 Geskiedenis Spoor Vandag: Die Geallieerde Oorlogsopperraad


Suid-Afrika onderteken die Verdrag van Versailles
27 Junie 1919


Die vredesverdrag van Versailles is op hierdie dag deur die oorwonne Duitsland onderteken, en daarmee het die Eerste Wêreldoorlog amptelik tot ‘n einde gekom. Die Geallieerde Oorlogsopperraad bestaande uit die verenigde State, Brittanje, Frankryk en Italië, het Japan as vyfde grootmoondheidslid bygevoeg, en hierdie vyf het die verdrag geformuleer wat ontsettende offers van Duitsland geverg het, onder meer die verlies van 25 000 vierkante myl grondgebied met 6 miljoen inwoners. In verhouding tot militêre krag en oorlogs bydrae is sittings- en stemreg by Versailles in vier groepe verdeel. Die Groot Vyf het vyf stemme gekry; België , Serbië en Brasilië drie stemme; Suid-Afrika met elf ander lande twee stemme, en die res van die 32 oorlogs betrokke lande net een. Generaals Botha en Smuts het Suid-Afrika verteenwoordig, en genl.. Smuts het ‘n groot rol gespeel, ten eerste in die grondlegging van die Volkebond en ten tweede in die vestiging van mandate oor verowerde vyandsgebiede, insluitende Suidwes-Afrika as ‘n C-mandaatgebied aan die Unie van Suid-Afrika. Aka fak A.M.v.S

No comments: