2008/06/12

1948 : Junie 12 Geskiedenis Spoor Vandag: Nywerheidsreus


Eerste Rembrandt-sigarette
12 Junie 1948


Gelei deur die geloof in “Leierskap deur navorsing” en “Nywerheids vennootskap” het die Rembrandt-groep Beperk van ‘n klein onderneming, wat sy beslag in Junie 1948 gekry het, gegroei tot ‘n wêreldwye nywerheidsreus – die wêreld se eerste nywerheids bond van nasies. Onder die kragtige en doelgerigte leiding van dr. A.E. Rupert, wat van die begin af aan die roer was, het Rembrandt in 1948 die vierde grootste sigaret vervaardiger in die Vrye Wêreld geword met 70 fabrieke in 30 lande. Die bate syfer van R1 000 miljoen verteenwoordig ook wydvertakte belange in die Suid-Afrikaanse nywerheid. Tesame met sy baanbrekers- en bouwerk as Afrikaanse nywerheidsonderneming het Rembrandt ‘n sinryke rol gespeel in onder meer die bewaring van Suid-Afrika se kultuurhistoriese erfenis en die bevordering van die Suid-Afrikaanse kuns. Van die oomblik dat Rembrandt op winsgewende voet gevestig was en dividende begin uitkeer het, het hy ‘n deel van sy winste tot voordeel van die gemeenskap aangewend. Die bevordering van die kunste op landwye vlak was een van die eerste bedrywighede. Deur die Kuns stigting Rembrandt van Rijn word uitstallings van 19 versamelings wêreldwyd gehou om alom genot te bring en ‘n waardering vir die kunste aan te moedig. Historiese Huise van Suid-Afrika Beperk is in 1966 onder leiding van Rembrandt gestig. In die eerste tien jaar van sy bestaan is meer as vyftig historiese geboue vir die nageslag gerestoureer en dit sluit in geboue soos die Drosdyhof op Graaff-Reinet, die Ou Residensie op Swellendam, Kerkstraat op Tulbach en Laetitia op Stellenbosch. Op Heidelberg in Transvaal het Rembrandt die Vervoer museum op die ou spoorwegstasie gestig wat onder meer die grootste fiets versameling in die Suidelike Halfrond huisves. Rembrandt se beleid van diens aan die gemeenskap strek nog verder en sluit in die bevordering van sport deur die Sportstigting van Suid-Afrika en die bewaring van die natuur deur die Suid-Afrikaanse Natuurstigting. FAK

No comments: