2008/06/12

1929 : Junie 12 Geskiedenis Spoor Vandag: Paktregering


Algemene Verkiesing
12 Junie 1929

In Junie 1924 het genl.. Hertzog met sy 63 Nasionale Party setels en Creswell met sy 18 Arbeider setels as die Paktregering die bewind by premier Smuts oorgeneem. Hertzog en die Afrikanervolk het gejuig, want dit was nie slegs ‘n politieke sukses nie, maar tegelyk en eintlik ‘n Afrikaner triomf, hoewel saam met Creswell. Aan die status van die land, aan Afrikaans as amptelike taal, aan kleur sake en buitelandse aangeleenthede is volledig aandag geskenk. Bo alles het Hertzog die Afrikaner kieser bly waardeer en respekteer. Ongelukkig het die Arbeidersparty intern grootliks verbrokkel, sodat die verkiesing van 1929 met onsekerheid tegemoetgegaan is. Die Nasionale Party, dus die Afrikaner, het nogtans 78 van die 148 setels ingepalm en kon vir die eerste keer uit eie krag regeer. Hertzog het besluit om nietemin met Creswell en sy Arbeiders te bly saamwerk – iets wat hom om kulturele redes deur Afrikanerpolitici, soos N.J. van der Merwe, C.R. Swart en J.G.Strijdom, ietwat kwalik geneem is. Die suiwer Afrikaanse ideale is, volgens hulle, deur hierdie politieke verbondenhede op die agtergrond geskuif, en geen partysaak is belangriker as die volksaak nie. Die verkiesing van 1929 het ook meegebring dat Tielman Roos as minister bedank en uit die politieke lewe as sodanig getree het. Sy plek is deur Oswald Pirow ingeneem aka fak M.J.S.

No comments: