2008/06/15

1943 : Junie 14 Geskiedenis Spoor Vandag: Spoorweë


Stigting van die Vrou- en Moeder beweging van die ATKV (SAS & H)
14 Junie 1943


Met die totstandkoming van die ATKV (SAS & H), is slegs manlike werknemers in diens van die SA Spoorweë as lede van die Vereniging toegelaat. Daar word vir die eerste keer vir die inskakeling van vroue as lede voorsiening gemaak in die ontwerp konstitusie wat na afloop van die sogenaamde “Spoorbondkrisis” in 1933 en die daaropvolgende reorganisasie van die Vereniging in 1934 opgestel is. In 1934 ontspring in verskillende sentra spontaan, sonder noemenswaardige organisatoriese verband, georganiseerde kringe van vroue lede wat as Dameskringe bekend staan. Hierdie Dameskringe, ook genoem “Gesels kringe”, is gestig met die tweërlei doel om die “suster hand aan medespoorweg gesinne te reik” en om weë en middele te bespreek om deur gesellighede, kollektes, ensovoorts, die Wesefonds te versterk. In 1934 vind die eerste Uniale Jaarvergadering van die beweging ‘n dag voor die ATKV-kongres in Johannesburg plaas. Dit is bygewoon deur een afgevaardigde van elke dameskring. Aka fak M.E.B

No comments: