2008/06/09

1934 : Junie 9 Geskiedenis Spoor Vandag: Handelsbank


Volkskas geregistreer
9 Junie 1934


Gestig uit eie bodem, met ‘n aanvangskapitaal van R1 026 en geïnspireer deur ‘n diepgevoelde plaaslike behoefte om eie geldmiddele te mobiliseer, het Volkskas sedert hierdie dag, toe hy as koöperatiewe volksbank geregistreer is, geleidelik gegroei. Ses jaar later, toe Volkskas se bedrywighede tot die van ‘n handelsbank verbreed het, het ‘n ongekende groei tydperk ingetree en is grootskaalse uitbreiding van alle vertakkings van sy besigheid ondervind. As gevolg van die vereistes van die Bankwet van 1942, het Volkskas dit bemoeilik gevind om as koöperatiewe vereniging voort te gaan en is dit gevolglik in 1944 kragtens die Maatskappywet (1962) as Volkskas Beperk geïnkorporeer. Op 27 Junie 1947 is Volkskas kragtens die Bankwet as handelsbank geregistreer. Gerugsteun deur sy toenemende klandisie, hoofsaaklik Afrikaners, het hy met rasse skrede uitgebrei. Waar hy in 1935 ‘n gestorte kapitaal van slegs R3 000 gehad het, bates van R26 600 en not oor twee kantore beskik het, beheer Volkskas in 1978 bates van bykans R3 000 miljoen en dien die publiek uit 577 takkantore. Die rol wat Volkskas in die bevordering van die Afrikaner se ekonomiese strewe gespeel het, sal waarskynlik nooit werklik na waarde geskat kan word nie. FAK

No comments: