2008/06/09

1862 : Junie 9 Geskiedenis Spoor Vandag: Argitek


Herbert Baker gebore
9 Junie 1862

Herbert Baker is in Kent, Engeland, gebore. Hy ontvang sy opleiding in die argitektuur in Londen, maar besluit in 1892 im na die Kaap te verhuis om daar na beter geleenthede te soek as wat daar vir hom in sy geboorteland was. Binne ‘n jaar na sy aankoms het Rhodes hom aangestel om die opstal op sy plaas Groote Schuur te herbou. Toe die herbouing afbrand, is Baker weer aangestel en het hy die gebou in sy huidige vorm ontwerp. Hy was onverbiddelik in sy aandrang op goeie vakwerk, en die lak se boubedryf was verplig om te her organiseer. Sy bykans twee honderd geboue in al die provinsies toon ‘n uitdruklike eklektisisme met ‘n redelike sterk Suid-Afrikaanse kleur. Hy het liefde vir die Kaaps-Hollandse boustyl ontwikkel en onder meer agt bekende opstalle aan die Kaap gerestoureer. Van sy bekendste geboue is die Uniegebou, die stasie in Pretoria, die Parlementsgebou, St. George katedraal in Kaapstad, Grootse Schuur en Michaelhouse-skool in Natal. Nadat hy die argitektoniese toneel 20 jaar lank in Suider-Afrika oorheers het, vertrek hy na Indië om daar saam met Luytens te werk. Net voor die Eerste Wêreldoorlog keer hy na Brittanje terug, waar hy onder meer die Suid-Afrika huis in Londen en die Rhodes-huis in Oxford ontwerp. Hy sterf op 4 Maart 1946 in sy geboortedorp, Cobham, Kent. Aka fak A.P.B.

No comments: