2008/06/02

1933 : Junie 2 Geskiedenis Spoor Vandag: Kerkhereniging tussen die NH en NG Kerk


Dr. H.S. Bosman oorlede
2 Junie 1933


Hermanus Stephanus Bosman is op 23 Junie 1848 in die distrik Victoria-Wes gebore. Sy ouers trek na Potchefstroom, waar hy in ‘n winkel werk. Onder invloed van dr. Andrew Murray besluit hy om predikant te word. Hy gaan saam met dr. Murray na Worcester waar hy sy skoolopleiding van onder af moes begin. Later studeer hy verder aan The South African College in Kaapstad. Daarna is hy na die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch. Na ‘n studiereis deur Europa word hy in 1876 predikant van die NH Kerk van Pretoria, en hy bly daar tot sy aftrede in 1926. In kerklike kringe in Transvaal het hy ‘n belangrike rol gespeel. Hy beywer hom onder meer vir ‘n kerkhereniging tussen die NH en NG Kerk. Dit vind in 1885 plaas. Die bittere stryd wat hierna volg tussen die gedeelte van die NH Kerk wat nie wou herenig nie en die NH of NG Kerk tref hom soos ‘n vloed wat hom in sekere kringe ‘n omstrede figuur gemaak het. Gedurende sy bediening in Pretoria en veral na die Engelse Oorlog het die kerk vinnig uitgebrei en is daar tot sy aftrede agt gemeentes afgestig. Hy dien van die begin af in die moderatuur van die NH of NG Kerk en van 1903 tot 1912 moderator. Hy het hom ook sterk beywer vir die hereniging van die verskillende NG Kerke. So het hy medestigter geword van die Raad van Kerke, waarvan hy by twee geleenthede voorsitter was. Na die Engelse Oorlog het hy ‘n voorstander van CNO-skole geword en in Pretoria die skool Eendracht gestig. Na die Uniewording in 1910 het hy sterk na vore getree as kampvegter vir die gelyk beregtiging van die twee landstale en veral gevra dat die Afrikaner se taal in die onderwys tot sy reg moet kom. Hoewel ‘n omstrede figuur, het hy tog op ‘n kritieke stadium vir die Afrikaner en sy regte in die bres getree. aka fak F.C.F

No comments: