2008/06/21

1921 : Junie 21 Geskiedenis Spoor Vandag: Eerste Hofreëls in Afrikaans


Prof. W.R.M. Malherbe eerste dekaan van die Regsfakulteit op Stellenbosch
21 Junie 1921


Prof. W.R.M. Malherbe is op die dag aangestel as die eerste dekaan van die regsfakulteit aan die universiteit waar die eerste regs kursus in die vorige jaar ingestel is met adv. H.A. Fagan as eerste dosent. Die twee regsgeleerdes was die baanbrekers vir Afrikaans in die Suid-Afrikaanse regswese. Die eerste hofuitspraak in Afrikaans was op 27 Oktober 1932 in die Appèlhof in Bloemfontein deur Appel regter F.W. Beyers in ‘n patent regsaak. Die eerste gerapporteerde Hooggeregshofuitspraak was in Kaapstad op 21 Februarie 1937 deur die Engelssprekende regter R.P.B. Davis, en eers tien jaar later het Transvaal gevolg. Die eerste Hofreëls in Afrikaans het eers in 1965 verskyn, en die eerste Engels-Afrikaanse regswoordeboek in 1933. FAK

No comments: