2008/06/27

1846 : Junie 27 Geskiedenis Spoor Vandag: Boksburg


W.E. Bok gebore
27 Junie 1846


Willem Eduard Bok is in Texel, Nederland, gebore. In 1876 vestig hy hom in die ZAR op uitnodiging van pres. T.F. Burgers. Hy vereenselwig hom dadelik met die saak van die Afrikaner en word spoedig aangestel as sekretaris van verskeie Volksraad kommissies. Hy tree ook op as sekretaris tydens dei onderhandelinge tussen die ZAR en Theophilus Shepstone in 1877. Na die anneksasie van die ZAR dien hy as sekretaris van albei deputasies na Engeland (1977 en 1878) en tree in die tyd ook op as onderredakteur van die De Volkstem, in welke hoedanigheid hy die saak van die Boere ernstig bepleit. In 1880 word hy as Staatsekretaris van die ZAR beëdig en beklee die amp tot 1889, waarna hy notulehouer van die Uitvoerende Raad word. Van 1892 tot die uitbreek van die Engelse Oorlog dien hy as regerings kommissaris in die gesondheidskomitee van Johannesburg. Na ‘n lang en getroue diens aan die staat is hy op 1 November 1904 oorlede. Ter nagedagtenis is Boksburg na hom genoem. Aka fak H.J.v.A

No comments: