2008/06/08

1912 : Junie 7 Geskiedenis Spoor Vandag: Vertaling van openbare dokumente


Brief van W.E. Bok aan dr. F.V. Engelenburg oor vertaalwerk in Staatsdepartemente
7 Junie 1912


Die private sekretaris van premier Louis Botha was die heer W.E. Bok. Op hierdie dag het hy aan dr. F.V. Engelenburg, redakteur van De Volkstem, ‘n streng vertroulike brief oor verskillende sake geskryf. Een daarvan is veral belangrik. Hy spreek sy genoegdoening daaroor uit dat die SA Akademie die saak van vertalings in die Spoorweg departement aangepak het. Die vertaling van openbare dokumente is soms meer as treurig, en amptenare in die Spoorweg departement is wel die grootste sondaars in hierdie opsig, aldus Bok in 1912. Die Departement Publieke Werke het weer ‘n vertaler nodig, omdat6 daar besluit is om in ieder geval ‘n gedeelte van hulle geskrifte in Nederlands te publiseer. Tot dusvêr die brief. Die Afrikaner en sy taal het na 1925 met die amptelike erkenning van Afrikaans as ‘n amptelike taal, na die politieke sukses van 1948 en na die republikeinse staatsvorm van Mei 1961 nog steeds ‘n ontsaglike stryd om te stry. Daar bestaan naamlik nog altyd verset teen en moedswilligheid aangaande Afrikaans in sekere openbare sektore. Prof. dr. M.J. Swart

No comments: