2008/06/22

1904 : Junie 22 Geskiedenis Spoor Vandag: 62 000 Chinese mynwerkers


Chinese in Transvaal ingevoer
22 Junie 1904


Na die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 het dit lank baie swak met die Transvaalse goudmynbedryf gegaan. Dit het verder beteken dat die Rand nie so vinnig gegroei en verengels het as wat Milner en sy Britse trawante gehoop het nie. Gevolglik is besluit om goedkoop Chinese mynarbeid in te voer, ten einde die tekort aan ongeskoolde arbeiders uit te wis. Alles is blitssnel en stuk-stil gereël. Op 22 Junie 1904 het die eerste Chinese aangekom. In Julie het hulle begin werk. Binne een jaar was hier 34 000, spoedig 54 000 en uiteindelik 62 000 Chinese aan die Rand saamgetrek. Dit het ‘n ernstige probleem op talle terreine geskep. Die Afrikaner het hom verder bedreig gevoel. Volke-onrus het toegeneem. In April 1905 is Milner terug Engeland toe. Afrikaanse politieke partye het hulle beslag gekry, en een van die eerste suksesse wat behaal is, was die besluit om die Chinese sak en pak terug te stuur. Eers is alle vêrdere invoer beperk. Bantoe mynwerkers is maklik gewerf – iets wat Milner beweer het nie moontlik was nie. Die Chinese is teen 1907 begin terugstuur, en in Maart 1910 was die laaste Chinese mynarbeider die land uit. Die Afrikaner-regering van Transvaal het die land van ‘n ontsaglike toekomstige ramp gered. Aka fak M.J.S.

No comments: