2008/06/22

1901 : Junie 22 Geskiedenis Spoor Vandag: Union Jack by Kollegetehuis afgeskeur


W.J. du P. Erlank (Eitemal) gebore
22 Junie 1901


Willem Jacobus du Plooy Erlank is op Wolmaransstad gebore en word na studie in Amsterdam (1936 tot 1938) onderwyser, dosent aan die Pretoriase Onderwyskollege en in 1950 tot 1966 hoogleraar in die Nederlandse Letterkunde op Stellenbosch en daarna kultuurattaché by die Suid-Afrikaanse Ambassade, Den Haag, Nederland. Hy publiseer onder die skuilnaam Eitemal twee bundels poësie (Weerklankies, 1928, en Phaeton, 1931) die eselsromannetjie Jaffie, ‘n bundel stories en ‘n drama. Hy het ook werke van Shakespeare, Hebbel en Goethe in Afrikaanse vertaal. Eitemal is ‘n gevierde digter, skrywer en onverskrokke kultuurleier. Reeds in sy tweede jaar as student aan die Universiteit van Pretoria in 1919 het hy ‘n rol gespeel in die Afrikaans wording van die Universiteit in 1937, toe hy die Union Jack by Kollegetehuis afgeskeur het, waarna hy en sy maats dit verbrand het. Dit was ‘n simboliese daad van losskeuring uit die Britse oriëntering, ‘n bevrydings daad. Daaroor is hy ses weke uit die TUC in Pretoria geskors. Hierdie kultuurleier het hom reeds vroeg vir die Afrikaanse taal, kultuur en die erkenning van Afrikaner identiteit beywer. Sy studente onthou hom as ‘n uitstekende dosent met ‘n lewende belangstelling in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde. Hy is een van die uitmuntendste redenaars wat Suid-Afrika nog opgelewer het, ‘n stigterslid van die FAK en redaksielid van die eerste FAK-Volksangbundel. Aka fak P.G.N.

No comments: