2008/06/25

1894 : Junie 25 Geskiedenis Spoor Vandag: Rule Britannia


Pres. Kruger verneder
25 Junie 1894


Vanweë die opkommandering van ‘n paar Britse onderdane deur die Transvaalse regering, het die Uitlanders hulle op die Britse regering beroep. Die Britse Hoë Kommissaris, sir Henry Loch, het hom gevolglik na Pretoria gehaas. Pres Paul Kruger het hom self op die Pretoria-stasie ontmoet, waar ‘n groot groep Uitlanders ‘n pro-Britse betoging gehou het. Die skare het Rule Britannia gesing, die perde voor die koets uitgespan en terwyl iemand met ‘n groot Union Jack voor op die koetsier se sitplek plaasgeneem het, het hulle self die koets met Loch en Kruger daarin na Loch se hotel getrek. Loch is saam met die Uitlanders die hotel binne, terwyl Kruger alleen buite gesit het – gestrand in ‘n koets sonder perde. Hierdie vernederende insident was vir Kruger en die Transvaalse burgers ‘n klap in die gesig. Aka fak H.O.T

No comments: