2008/06/23

1890 : Junie 23 Geskiedenis Spoor Vandag: Tweede Volksraad


Instelling van ‘n Tweede Volksraad, ZAR
23 Junie 1890


Die instelling van ‘n Eerste en Tweede Volksraad deur Wet Nr. 4 van 1890 van die ZAR was ‘n poging van pres. Kruger om ‘n oplossing te vind vir die probleem van immigrante verteenwoordiging in die landsbestuur, sonder om die onafhanklikheid van die Republiek in gevaar te stel. Die lede van die Tweede Volksraad is gekies deur alle stemgeregtigde burgers wat die leeftyd van sestien jaar bereik het. Lede van die Tweede Volksraad moes dertig jaar oud wees, die twee onmiddellik voorafgaande jare stemgeregtigde burgers, lidmate van ‘n Protestantse kerk gewees het, in die Republiek gewoon en daar eiendom besit het. Met uitsondering van die landbou, Naturellesake, spoorweë, die munt- en bankwese, die verlening van konsessies en die finansies, is alle sake van binnelandse belang aan die Tweede Volksraad toevertrou – dus veral ook die van die goudvelde, sake waarby die immigrantebevolking belang gehad het. aka fak M.H.

No comments: