2008/06/23

1792 : Junie 23 Geskiedenis Spoor Vandag: Graaff-Reinetse opstand


Nederburgh en Frykenius kom in die Kaap aan
23 Junie 1792

Simon Hendrik Frykenius en Sebastiaan Cornelis Nederburgh, wat in 1791 aangestel is as kommissarisse-generaal oor die VOC se besittings, kom op hierdie dag in die Kaap aan, omdat hulle opdrag ontvang het om vir die ontevrede burgers beter bestaan moontlikhede te vind. Hulle het nuwe bronne van welvaart gesoek: wol uitvoer en walvisvangs is aangemoedig en vryhandel met die skepe van die Kompanjie is toegelaat. Ondanks hulle toegewings, het hulle optrede om die Kompanjie se tekorte te besnoei deur belastings te hef, groot ontevredenheid veroorsaak. Buitendien het hulle toegewing ten opsigte van vryhandel met skepe, vanweë gebrek aan skeepsruimte min voordeel besorg. Hulle vertrek in September 1793, maar die ontevredenheid wat uit hulle optrede aan die Kaap voortgespruit het, het toegeneem en kan as een van die aanleidende oorsake tot die Graaff-Reinetse opstand van 1795 beskou word. aka fak J.C.M

No comments: