2008/06/15

1875 : Junie 15 Geskiedenis Spoor Vandag: Private boekery


Johannes de Wet oorlede
15 Junie 1875


Johannes de Wet is op 7 September 1794 in Kaapstad gebore en het grootgeword in die huis in Strand straat 23, wat hedendaags as die Koopmans-de Wet-Museum bekend is. In die destydse stryd om die vryheid van die pers het hy saam met Pringle en Fairbain die stryd aangeknoop teen die outokratiese lord Charles Somerset. In 1828 is hy aangewys as sekretaris van die komitee wat die Zuid-Afrikaanse Genootskap van Boedel administrasie gestig het. In 1849 het hy aktief deelgeneem aan die Anti-Bandiete beweging, en hy is in 1854 met die instelling van verteenwoordigende bestuur gekies as lid van die Wetgewende Raad. Hy speel ‘n besondere rol as diaken en ouderling in die Groote Kerk en het vanweë sy geskiedenis belangstelling heelwat dokumente in Nederland laat afskryf. In der waarheid was De Wet in sy tyd een van die mees ontwikkelde Kapenaars; ten tyde van sy dood het hy ‘n private boekery van ongeveer 1 625 bande nagelaat, bestaande uit boeke, manuskripte, pamflette, landkaarte, ens. Aka fak G.J.J.

No comments: