2008/06/10

1829 : Junie 10 Geskiedenis Spoor Vandag: Krygswet


E.J.P Jorissen gebore
10 Junie 1829


Eduard Johan Pieter Jorissen is in Zwolle, Nederland, gebore. Hy bekwaam hom as doktor in die teologie en publiseer verskeie teologiese werke. Op die inisiatief van pres. Burgers kom hy na Pretoria; hy lê hom toe op die regswetenskap en word in 1876 aangestel as Staatsprokureur van die ZAR. In dieselfde jaar ontwerp hy die Krygswet en die Transvaalse Grondwet van 1877. Hy speel nie net ‘n aktiewe rol op die politieke terrein in Transvaal nie, maar ook ten opsigte van munt konsessies, die verkryging van ‘n spoorlyn, ‘n eie bankwese en die kodifisering van die wette van Transvaal. Hy was Volksraadslid vir Pretoria en is in 1890 tot strafregter in die Hooggeregshof aangestel. Hy was nie baie bemind onder die Transvalers nie, maar is gerespekteer vir sy waardevolle bydrae in ‘n kritieke tydperk in die ZAR se geskiedenis. Straatname in Pretoria en Johannesburg is na hom genoem. In 1970 keer hy permanent na Nederland terug waar hy op 20 Maart 1912 in Scheveningen sterf. Aka fak M.v.H

No comments: