2008/06/24

1798 : Junie 24 Geskiedenis Spoor Vandag: Wamaker


Gerrit Maritz gedoop
24 Junie 1798


Gerhardus Marthinus Maritz (algemeen bekend as Gert of Gerrit Maritz) is in Maart 1797 in die Graaff-Reinetse distrik gebore. Die verskrikking, plundering en verwoesting deur die Kôsa- en Hottentotbendes wat hy as sewejarige seun in die Suurveld deurgemaak het, het ‘n blywende indruk op hom gemaak. In 1811 het sy vader as baas padmaker en timmerman hom op Graaff-Reinet gevestig, en daar het die jeugdige Gert hom as wamaker bekwaam en spoedig die voorste wamaker op Graaff-Reinet geword. Sy wa-makery het ‘n bloeiende onderneming, en hy een van die vermoeiendste manne in die distrik geword. Uit sy hande het van die mooiste en beste waens gekom. Sy sewe spoggerige kakebeenwaens waarmee hy op trek gegaan het, is bewys daarvan. Die waens was kenmerkende van homself: presies, netjies en deftig. Hy is op 14 Mei 1820 met Augenitha Maria Olivier getroud. Ses kinders is uit die huwelik gebore. In September 1836 het die Maritz mense van Graaff-Reinet af vertrek om permanent die Kaapkolonie te verlaat. Op die Groot Trek het hy deurgaans ‘n leidende rol gespeel, totdat hy op 23 September 1838 by Sooilaer aan die oewers van die Klein-Tugela oorlede is. Op sy sterfbed het hy gesug: “Dit is my gegaan soos Moses, ek het die beloofde land gesien, maar bewoon sal ek dit nie.” aka fak P.S.d.J

No comments: