2008/06/26

1770 : Junie 26 Geskiedenis Spoor Vandag: Piet Uys


Jacobus Uys gebore
26 Junie 1770


Die eerbiedwaardige Voortrekker patriarg, Jacobus Johannes Uys, is in die huidige distrik Bredasdorp gebore. Hy trek na Natal uit die distrik Uitenhage. En in April 1837 oorhandig die Engelssprekendes van Grahamstad uit agting aan hom en sy geselskap (sowat honderd siele) ‘n groot Statebybel. Jacobus Uys is in Julie 1838 naby die huidige Pietermaritzburg oorlede. Die bekendste van sy vyftien kinders id ei Voortrekkerleier, Piet Uys. Aka fak H.O.T

No comments: