2008/06/11

1754 : Junie 11 Geskiedenis Spoor Vandag: Groote Kerk


Anton Anreith gebore
11 Junie 1754


Anton Anreith, wat op Riegel, naby Freiburg in Duitsland, gebore is, was ‘n beskeie en talentvolle kunstenaar wat hom in 1777 aan die Kaap gevestig het, waar hy bekendheid verwerf vir sy sierlike beeldhouwerk, onder meer in die Lutherse Kerk en as skepper van die kansel in die Groote Kerk. In samewerking met die argitek Thibault, is hy verantwoordelik vir die versiering in verskeie Kaapse geboue. In 1805 word die eerste kunsskool in Suid-Afrika deur hom gestig. Hy is op 8 Maart 1822 in sy huis in Bloemstraat, Kaapstad, oorlede. aka fak A.J.W

No comments: