2008/05/15

1964 : Mei 15 Geskiedenis Spoor Vandag : Kulturele vormingswerk


Mei 15
1964
Pieter J.H. Coetsee oorlede


Pieter Johannes Hendrik Coetsee, wat op die dag oorlede is, is op 24 April 1889 as die seun van ‘n Kaapse rebel op Burgersdorp gebore. “Oom Pieter”, soos hy algemeen bekend was het in die moeilike jare na die Eerste Wêreldoorlog, die Rebellie en die arbeidsonluste aan die Raad betekenisvolle kulturele vormingswerk in die suidelike voorstede van Johannesburg verrig. Hy was onderwyser by die Turffonteinse Afrikaansmediumskool, aktiewe toneel mens en toegewyde afrigter van deelnemers aan die kunswedstryde van die Afrikaanse Kunsvereniging. Die bekende Asafkoor het in sy huis tot stand gekom, en hy was in die beginjare van die Afrikaanse radiodiens dikwels agter die mikrofoon. FAK

No comments: